Katapult

'n Outydse katapult.
'n Boeing ScanEagle, 'n voorbeeld van 'n moderne toepassing van die katapult.

Die katapult kan beskou word as 'n reuseweergawe van die kettie, of voëlrek. Dit is een van die oudste meganiese oorlogswapens bekend, waarmee groot klippe of ander voorwerpe bo-oor fortmure na die vyand geslinger is. Dit is ook later in oorlogvoering gebruik om granate en bomme na die vyand te slinger. 'n Moderne voorbeeld van 'n katapult is op vliegdekskepe, waar dit gebruik word om vliegtuie teen 'n hoë snelheid vanaf die vliegdek te lanseer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search